Ixobrychus minutus   Little Bittern  Kleinrietreier (Woudapie)
Kleinrietreier
Modimolle, Des 2014

Standvoël. Skaars waarskynlik as gevolg van sy skugter geaardheid. Bly in rietbeddings langs damme of groot riviere. Oorstroomde biesie-areas word in ’n mindere mate gebruik nie. Word geredelik in die somer waargeneem wanneer die mannetjie met tussenposes kort blafgeluide vanuit rietbeddings maak om die wyfie te beïndruk. Broei nie in die Waterberge nie maar in goeie reëntye broei hulle in die vloedvlakte van die Nylrivier.
Kleinrietreier
Hermanusdoorns, Des 2017

onvolwasse

tuis       home      voëllys      next